Share

TOP200 2010 | Kontantkoninkryke

accreditation
Lesers het ongetwyfeld al die uitdrukking "kontant is koning" gehoor.

Dis waar. Kontant is 'n koninklike bate, 'n likiede bate wat in groot mate bepaal hoe suksesvol 'n maatskappy om 'n lewensvatbare nis of oorheersende markaandeel kan meeding.

Ons herinner lesers elke jaar graag daaraan dat kontantvloei die lewensbloed van 'n onderneming is. Sonder betroubare kontantvloei of genoeg kapitaal sal 'n onderneming - veral een wat in 'n intensiewe groeifase is - onvermydelik probleme ervaar.

In dié tyd, waarin die verklaarde verdienste verskeie vorme kan aanneem, is dit noodsaaklik dat beleggers 'n maatskappy se kontantverdienstepotensiaal kan bepaal.

Hoe groter die kontantwins wat verdien kan word, hoe beter is die gehalte van die verdienste. Dalk sal ons in 2011 McGregor BFA, ons statistikus, kan oorreed om 'n verhouding te bereken wat die kontantverdienste teenoor die verklaarde verdienste toon.

Vanjaar se kontantvloeitabel dui daarop dat lewensversekeringsmaatskappye op en wakker met die behaal van bedryfskontantvloei is.

Old Mutual, Sanlam en Metropolitan Life se kontantvloei het in 2009 almal beduidend versterk - 'n taamlik bemoedigende ontwikkeling in die lig daarvan dat die gevolge van die onlangse krisis in finansiële markte steeds baie duidelik is.

Dis interessant dat Old Mutual volgens die tabel sterker kontantvloei as die mynboureuse BHP Billiton en Anglo American saam behaal het. Die goudmynmaatskappy Harmony, die nywerheidskonglomeraat Remgro en SABMiller staan ook uit met sterk stygings in die kontantvloei.

Die grootste groei in die kontantvloei oor een jaar is deur die boumateriaalspesialis Buildmax behaal - dit het van R8 miljoen tot R300 miljoen gestyg. Buildmax se kontantvloei het oor vyf jaar met 'n ongelooflike 130,6% versterk - wat waarskynlik die styging in dié opgekikkerde maatskappy se aandeelprys verklaar.

Kyk mens na die prestasie op langer termyn, is dit bemoedigend om te sien dat soveel prima maatskappye se kontantvloei oor vyf jaar verstewig het. Van dié wat uitstaan, is Old Mutual (89%), MTN (51%) en Remgro (52%). Hoe Remgro (nou met VenFin by hom) sonder die voordeel van BAT se dividendvloei sal vaar, sal mens nog moet sien.

Nog prysenswaardige kontantvloeipresteerders oor vyf jaar is Mercantile Bank (137%), die verskaffer van nywerheidstoerusting Bell (80%), die konstruksiegroep WBHO (61%) en die ontluikende bankgroep Capitec Bank (49%). Mynboumaatskappye beklee ook sterk posisies: Petmin (89%), Assore (75%), Harmony (88%) en die skuldbelaaide Metorex (137%).

Die bemagtigingskonglomeraat HCI het sy kontantvloei oor vyf jaar meer as verdubbel, wat gelukkig is, want die groep het (soos Metorex) nogal heelwat skuld. Die kontantvloei van die tegnologiegroep GijimaAst, wat deesdae nie veel markaandag kry nie, het oor vyf jaar met 300% gestyg.

Nog 'n interessante manier om 'n maatskappy se likiditeit te toets, is om die kontantvloei met die skuld te vergelyk.

Grand Parade Investments (GPI) is boaan dié tabel, wat verstaanbaar is in die lig daarvan dat die dobbelgerigte bemagtigingsmaatskappy geen wesenlike skuld en heelwat kontantvloei (uit sy onderliggende beleggings in casino's) behaal het.

Die kontantryk beleggingsgroep Remgro het nog nooit veel skuld gehad nie (minstens nie die afgelope twee dekades nie), terwyl Mobile - as die beheermaatskappy van Trencor - geen skuld op sy balansstaat het nie.

Party "bedryfsmaatskappye" beïndruk egter. Die weddenskapgroep Phumelela se kontantvloei dek sy skuld byna 70 keer, terwyl die klein mediagroep AME dekking van 20 keer het.

Ons derde kontanttabel toon kontant- en amperkontantbelange. Vanselfsprekend beklee banke en finansiëledienstemaatskappye die boonste posisies, want om ooglopende redes moet hulle heelwat beskikbare kapitaal hê.

JSE Bpk, wat SA se enigste aandelemark bedryf, het sowat R16 miljard kontant - baie in verhouding tot die maatskappy se markkapitalisasie, maar noodsaaklik om handel op die beurs te kan waarborg.

Marc Hasenfuss

We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Rand - Dollar
19.23
-0.4%
Rand - Pound
23.94
-0.5%
Rand - Euro
20.48
-0.4%
Rand - Aus dollar
12.34
-0.3%
Rand - Yen
0.12
-0.6%
Platinum
948.80
-0.2%
Palladium
1,024.00
-0.5%
Gold
2,382.75
+0.2%
Silver
28.34
+0.4%
Brent Crude
87.11
-0.2%
Top 40
66,515
-1.0%
All Share
72,579
-1.0%
Resource 10
62,764
-0.8%
Industrial 25
97,299
-1.1%
Financial 15
15,371
-0.7%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Company Snapshot
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE
Government tenders

Find public sector tender opportunities in South Africa here.

Government tenders
This portal provides access to information on all tenders made by all public sector organisations in all spheres of government.
Browse tenders