Share

Medu Capital 2010 | Die portefeulje

accreditation
Medu Capital het tot dusver in die volgende maatskappye belê:

* VitalAire, wat spesialiseer in suurstofkonsentrators vir die tuisversorging van mense met lugwegprobleme. Medu Capital het aandeelhouding van 49% in die onderneming gehad en die Franse maatskappy Air Liquide 51%. Medu Capital het hom in Maart 2009 aan hierdie belegging onttrek.

* Capital Outsourcing Group, 'n werwingsmaatskappy vir tydelike werkers. Medu Capital het 70% aandeelhouding gehad en die bestuur 30%. Die belegging is in April 2004 afgesluit en die volle onderneming is in Mei 2007 aan 'n strategiese koper, Adcorp Holdings, verkoop.

* Die belegging in Ampaglas Holdings is in Mei 2004 beklink. Ampaglas vervaardig onbuigbare plastiekplate, deursigtige dakplate en sanitêre ware. Die plastiekplate word hoofsaaklik vir vertoonborde, in verkoelingstoerusting. en in die motorbedryf gebruik. Die bestuur besit 50% van die aandele, Medu Capital 33% en 'n strategiese internasionale maatskappy 17%.

* Zest Electric Motors is 'n verspreider van elektriese motore en aandrywers, transformators en skakeltoerusting. Medu Capital het aandeelhouding van 26% verkry en die bestuur die res. Die transaksie is in Junie 2004 gesluit. Sedert Medu Capital se belegging in Zest het Zest 'n beherende belang in drie ander maatskappye, ICS, Shaw Controls en EnI, verkry. Medu Capital het ook aandele in die drie opgeneem. ICS is 'n toonaangewende verskaffer van koperkabel en -draad, Shaw Controls monteer pasgemaakte lae- tot mediumstroombaan- elektriese produkte en EnI spesialiseer in die ontwerp van elektriese, instrumentasie- en beheerstelsels. Medu Capital het sy belegging in dié maatskappye in Februarie 2010 beëindig.

* Pepkor is 'n kontantkleinhandelaar, een van die reuse in die SA kleinhandelbedryf. Hy besit Pep en Ackermans en is op drie vastelande bedrywig. Medu Capital het 7,5% aandeelhouding saam met nog 'n bemagtigingsmaatskappy. Die belegging is in September 2004 gedoen.

* NCS Resins vervaardig onversadigde poliësterhars, pigmentpasta en jelbekleding. Hy voer sy produkte na die res van Afrika, Australië, die Midde-Ooste en die Verre-Ooste uit. Medu Capital het in April 2005 45% van NCS verkry, terwyl die bestuur die res besit.

* Elite Truck Hire is 'n vragmotorhuur- en voertuigkontrakdiensverskaffer en lewer ook vervoerdienste. Medu Capital het in Desember 2007 'n belang van 25,7% in hom verkry.

* Copper Tubing Africa is 'n vooraanstaande koperpyp- en loodgieteryvervaardiger. Medu Capital het in Februarie 2008 'n ekwiteitsbelang van 41,3% in die maatskappy gekoop.

* SA Roll Company (Sarco) is die enigste vervaardiger van rolle en hulsels vir die internasionale staalbedryf in Afrika. Medu Capital het in November 2008 35% aandeelhouding in hom verkry.

* Medipost en Kawari is sustermaatskappye. Medipost is SA se grootste koerierapteekonderneming en Kawari is 'n farmaseutikagroothandelaar wat medikasie aan kleinhandel- en koerierapteke verskaf. Medu Capital het in April 2009 40% aandeelhouding in albei entiteite verkry.

* Vergenoeg Mining Company is SA se grootste produsent van vloeispaat. Die koop van 'n ekwiteitsbelang van 15% is in Augustus 2009 afgehandel.

* Erbacon is 'n AltX-genoteerde konstruksiemaatskappy van KwaZulu-Natal wat die openbare sektor en die myninfrastruktuursektor bedien, tesame met die verhuring van ligte nywerheidstoestelle en handelskonstruksie- en klein toestelle. Die 29% aandeelhouding is in Desember 2009 verkry en is Medu Capital sy mees onlangse belegging.

We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Rand - Dollar
18.94
-0.2%
Rand - Pound
23.91
-0.1%
Rand - Euro
20.45
+0.1%
Rand - Aus dollar
12.35
+0.0%
Rand - Yen
0.13
-0.2%
Platinum
904.58
+0.9%
Palladium
1,012.82
+1.1%
Gold
2,219.05
+1.1%
Silver
24.81
+0.7%
Brent Crude
86.09
-0.2%
Top 40
68,346
+1.0%
All Share
74,536
+0.9%
Resource 10
57,251
+2.9%
Industrial 25
103,936
+0.6%
Financial 15
16,502
-0.1%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Company Snapshot
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE
Government tenders

Find public sector tender opportunities in South Africa here.

Government tenders
This portal provides access to information on all tenders made by all public sector organisations in all spheres of government.
Browse tenders