Share

Duwweltjie

IN DIE RUVELD

KOLLEGA Marc Hasenfuss berig die dag ná die meesterstoernooi uit die donker Kaap: “Het my etenspouse (so hy kry ’n etenspouse?) gebruik om na SkySport se hoogtepunte te kyk. Sy dekking van die meesterstoernooi by Augusta was baie insiggewend. Vyf minute is aan die wonderlike verbetering in Tiger Woods se spel gewy, en nog vyf daaraan om die draai in Rory McIlroy se swaai in die laaste ronde te ontleed. Nie ’n enkele verwysing na die kliniese Charl Schwartzel nie ... Ek speel nie!”

STILTE IN DIE HOF

Prokureur vir die verdediging: Sê asseblief vir ons hoe oud jy is.

Bejaarde vrou: Ek is 94 jaar oud.

Vertel vir ons in jou eie woorde wat die nag van 1 April gebeur het.

Ek het op ’n warm lentenag daar op my swaai op my voorstoep gesit toe ’n jong man die stoep opsluip en langs my kom sit.

Het jy hom geken?

Nee, maar hy was beslis vriendelik.

Wat het gebeur nadat hy gaan sit het?

Hy het my bobeen begin vryf.

Het jy hom gekeer?

Nee, ek het hom nie gekeer nie.

Hoekom nie?

Dit het goed gevoel. Niemand het dit gedoen sedert my Albert 30 jaar gelede dood is nie.

Wat het volgende gebeur?

Hy het my oral oor my lyf begin vryf.

Het jy hom toe gekeer?

Nee, ek het hom nie gekeer nie.

Hoekom nie?

Sy gevryf het my lewend en opgewonde laat voel. Ek het jare lank nie só goed gevoel nie!

Wat het volgende gebeur?

Wel, teen dié tyd het ek so lekker gevoel dat ek eenvoudig gaan lê en vir hom gesê het: “Vat my, jong man. Vat my nou!”

Het hy jou gevat?

Genugtig, nee! Hy het geskree: “April-gek!” En dis toe dat ek die bliksem geskiet het.

WASHINGTON-WAANSIN

’N REISAGENT van Washington DC gee ’n paar voorbeelde van hoekom Amerika in die moeilikheid is ... Hy skryf:

“’n Kongreslid van New Hampshire het ’n sitplek langs die paadjie gevra sodat haar hare nie deurmekaar gewaai sou word as sy naby die venster sit nie. In ’n vliegtuig!

“Ek het ’n oproep van ’n personeellid van ’n kongreslid van Kansas gekry wat Kaapstad toe wou gaan. Ek het die paspoortinligting begin verduidelik en hoe lank die vlug duur. Toe val hy my in die rede met: ‘Ek wil jou nie dom laat lyk nie, maar Kaapstad is in Massachusetts. Sonder om hom dom te laat probeer lyk, het ek kalm verduidelik dat Cape Cod in Massachusetts is en dat Kaapstad in SA is. Sy reaksie? Kliek.

“’n Senior kongreslid van Vermont het gebel, woedend oor ’n Florida-pakket wat ons gebied het. Ek het gevra wat met sy vakansie in Orlando fout was. Hy het gesê hy het ’n kamer met ’n see-uitsig verwag. Ek het verduidelik dat dit nie moontlik was nie omdat Orlando in die middel van die deelstaat is.

“Hy het geantwoord: ‘Moenie vir my lieg nie. Ek het na die kaart gekyk en Florida is ’n baie dun staat.’

“’n Kongreslid van Illinois het onlangs gebel. Sy wou weet hoe dit moontlik is dat haar vlug van Detroit om 08:30 vertrek en om 08:33 in Chicago land. Ek het verduidelik dat Michigan ’n uur voor Illinois is, maar sy kon nie die konsep van tydsones begryp nie. Uiteindelik het ek vir haar gesê die vliegtuig is vinnig. Sy het dit aanvaar.

“ ’n Wetgewer van New York het gebel en gevra: ‘Plaas lugdienste ’n fisieke beskrywing van jou op jou tas sodat hulle weet watter bagasie aan wie behoort?’ Ek het gesê: ‘Nee, hoekom vra jy?’ Hy het geantwoord: ‘Wel, toe ek my by die lugdiens aanmeld, het hulle ’n etiket op my bagasie gesit wat gesê het FAT, en ek’s oorgewig. Ek dink dis baie onbeskof.’ Terwyl ek hom ’n minuut laat wag het, het ek die saak ondersoek en toe aan hom verduidelik dat FAT die stadskode vir Fresno (Fresno Air Terminal) is en dat die lugdiens bloot ’n bestemmingsetiket op sy bagasie gesit het.

“Nou weet jy hoekom die Amerikaanse regering in die toestand is waarin dit is. Ja, hulle leef tussen ons, is in die politiek, en hulle bly aanteel ...”

KOM VLIEG SAAM MET MY

“EK het eenkeer met Emu Airways na Adelaide gevlieg. Ek was 5 000 voet in die lug toe iemand my daarop wys dat emoes nie kan vlieg nie.” – Die komediant Billy Connolly.

Ernie: “Kyk na die mense daar onder. Hulle lyk soos miere.”

Eric: “Dit is miere. Ons het nog nie opgestyg nie.” – Gesprek tussen Morecambe en Ernie Wise.

“Ek het besef dat ek die verkeerde lugdiens gekies het toe ek sien die Onse Vader is op die vomeersakkie gedruk.” – Die komediant Les Dawson.

Die aanhalings kom uit It’s Great to be Back on Terra Cotta, ’n versameling vreemde aanhalings oor reis en vervoer, saamgestel deur Aubrey Malone.
We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Rand - Dollar
18.90
+0.2%
Rand - Pound
23.86
+0.2%
Rand - Euro
20.37
+0.3%
Rand - Aus dollar
12.31
+0.2%
Rand - Yen
0.12
+0.2%
Platinum
908.05
0.0%
Palladium
1,014.94
0.0%
Gold
2,232.75
-0.0%
Silver
24.95
-0.1%
Brent Crude
87.00
+1.8%
Top 40
68,346
0.0%
All Share
74,536
0.0%
Resource 10
57,251
0.0%
Industrial 25
103,936
0.0%
Financial 15
16,502
0.0%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Company Snapshot
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE
Government tenders

Find public sector tender opportunities in South Africa here.

Government tenders
This portal provides access to information on all tenders made by all public sector organisations in all spheres of government.
Browse tenders