TOP NUUS
Afgryse oor Noorse terreur
BYNA 100 Noorweërs, hoofsaaklik jong mense, is op die eiland Utøya genadeloos afgemaai deur ’n Noorweegse ekstremis, Anders Behring Breivik.
WAT ANDER SÊ
FINANCIAL TIMES sê selfs gematigdes kan nie teen ’n perverse sin vir regverdigheid beskerm word nie. BEELD sê alle demokratiese lande worstel met ’n ewewig tussen vryheid en veiligheid, wat in die praktyk baie moeilik is. THE STAR sê geen land verdien sulke skokkende wandade nie. Dit is hartseer maar waar dat die wêreld sy onskuld al hoe meer verloor. THE NEW AGE sê enige lewe wat weens ’n politieke agenda verloor word, is een te veel. Dialoog is nodig om sulke tragedies te voorkom.
Asem opgehou oor Europa
LEIERS van die eurogebied het ’n noodvergadering in Brussel gehou om Europa se skuldkrisis behoorlik te bestuur en die risiko’s te verminder dat die Griekse finansiële krisis na ander gekneldes, hoofsaaklik Portugal, Ierland, Italië en Spanje, uitkring.
WAT ANDER SÊ
THE NEW YORK TIMES verwelkom die Europese Unie se reddingstou aan Griekeland, Ierland en Portugal “ná maande se gesloer”. SUNDAY TIMES sê dit was slegs enkele jare gelede ondenkbaar dat die wêreld se grootste ekonomieë op die finansiële afgrond huiwer en SA moet glad nie sy streng finansiële dissipline verslap nie.
Robin Hood Malema
DIE ANC-jeugliga het hul omstrede leier, Julius Malema, se geheime trustfonds verdedig en gesê dat die fonds geskep is om die armes te help. Al hoe meer dring aan op ’n belastingoudit nadat City Press van Malema se finansiële geheime aan die lig gebring het.
WAT ANDER SÊ
THE TIMES meen dat, as Malema die arbiter wil wees van wie korrup is, hy sekerlik volgens dieselfde maatstawwe as ander gemeet moet word. VOLKSBLAD sê Jan Taks het ’n uitnodiging gekry (om Malema se geldsake te ondersoek) wat hy nie kan weier nie. THE CITIZEN sê Malema se geldsake maak ongetwyfeld saak, veral as daar groot teenstrydighede is. BUSINESS DAY vra die vraag of die ANC te bang is om op te tree.
Investeerders afgeskrik
Drie ministers het appèl aangeteken teen die mededingingstribunaal se besluit om Walmart toe te laat om ’n beherende belang in Massmart te koop. Die staat wil ekstra beskerming hê vir plaaslike kleinhandelaars. Intussen het Grant Pattison, uitvoerende hoof van Massmart, verseker daar is ’n “nulkans” dat Massmart ’n monopolie kan raak.
WAT ANDER SÊ
BUSINESS DAY sê die jongste terugslag vir die Walmart-transaksie word deur niks anders as ideologie gedryf nie. Die koerant meen dat die betrokke ministers verkeerd opgetree het in die lig van die skade wat reeds gedoen is aan SA as ’n bestemming van buitelandse geld. THE CITIZEN sê potensiële investeerders is verder ontset deur die jongste gebeure.
HOE SÊ?
‘Dit is ondenkbaar dat ons nie ons verpligtinge betyds sal kan nakom nie. Ons moet sorg dat so ’n bedreiging van die tafel af kom.’ – TIMOTHY GEITHNER, Amerikaanse minister van finansies, oor dié land se skuldkrisis.
‘Die koers waarteen vergoeding styg, moet vir almal aan produktiwiteit gekoppel word. Jy kan nie die produktiwiteit van die uitvoerende hoof skei van dié van die ander werkers nie.’ – IRAJ ABEDIAN, ekonoom van Pan African Investment and Research Services.
‘Die neiging onder ’n nuwe geslag bestuurders in die openbare sektor wat hul werk nie as ’n deurslaggewende, strategiese verantwoordelikheid beskou nie, maar as ’n kort tree na die private sektor, is erg.’ – JEREMY CRONIN, onderleier van die SAKP.
‘Mense in SA wat ’n respektabele werk en ’n goeie inkomste het en vir wie dit moontlik is om te spaar, sal moet wakker word en nou begin spaar, voordat dit te laat raak.’ – RIAN LE ROUX, hoofekonoom van Old Mutual.