Share

DIE finweek

TOP NUUS

Ekonomiese skip kan sink

Kommer is uitgespreek oor Amerikaanse skuldverpligtinge en ’n dreigende laer kredietgradering, meer Europese lande wat in die skuldknyp is en ’n moontlike nuwe resessie in SA.

WAT ANDER SÊ

BUSINESS DAY waarsku dat, indien Amerika nie sy skuldverpligtinge kan nakom nie, dit die hele wêreld kan laat sink weens likiditeitsdruk en gepaardgaande gevolge. Dié koerant meen ook dat stygings in SA rentekoerse tans heeltemal onvanpas is omdat die inflasie hoofsaaklik deur hoër voedsel- en oliepryse gestook is. THE TIMES sê dat ’n tweede resessie in SA, met sy hoë werkloosheidskoers van 26% en onstabiliteit, baie moeilik gaan wees om te hanteer omdat dit nie veel monetêre en fiskale opsies laat nie.

Stakings het ’n bitter kant

Stakings, wat vroeër relatief gematig en feitlik sonder geweld was, het militant en uittartend geraak en SA – weens die brandstofprobleme – vir die eerste keer verlam.

WAT ANDER SÊ

BEELD maan dat die siklus van geweld tydens stakings, wat veral sedert 2006 jaarliks vererger het, dringend verbreek sal moet word. “Die wet op arbeidsverhoudinge behoort so gewysig te word dat ’n regter stakings onwettig kan verklaar as daar intimidasie of geweld is.” THE NEW AGE sê die owerhede moet leierskap toon en stakings ontlont voordat dit kritiek raak. BUSINESS DAY sê die buitensporig hoë looneise kan ook ’n ander gevolg hê: ’n ekstra half persentasiepunt by die reeds stygende inflasie.

Dié leiers verdien slae

Thuli Madonsela, openbare beskermer, het bevind Bheki Cele, SA se nasionale polisiehoof, en Gwen Mahlangu-Nkabinde, minister van openbare werke, het hulle skuldig gemaak aan wangedrag weens twee omstrede huurkontrakte van sowat R1,78 miljard.

WAT ANDER SÊ

MAIL & GUARDIAN sê pres. Jacob Zuma moet die sweep inlê. Nie een nie, maar albei moet die trekpas kry om die openbare vertroue te herstel. CITY PRESS sê dit is hoog tyd dat die magte wat hul eie belange bevorder, herinner word dat hulle daar is om die lánd se belange te bevorder. THE CITIZEN sê integriteit moet heel bo begin – wat duidelik nie die geval is nie. THE TIMES vra hoe Zuma enigsins die onverdedigbare kan verdedig.

Baie geluk, Madiba

Die 93ste verjaardag van oud-pres. Nelson Mandela op 18 Julie is wyd gevier. Plaaslike en internasionale leiers het hulde gebring aan sy rol in SA se demokrasie, maar terselfdertyd gemaan dat die huidige leierskorps ver afwyk van die weg wat hy aangedui het.

WAT ANDER SÊ

THE STAR sê Mandela is ’n simbool van die goeie dinge in die land en opbouende lesse is by hom geleer. Die groot jammerte is dat Suid-Afrikaners wat van beter moet weet, nie aan sy hoë verwagtinge voldoen nie. THE CITIZEN sê SA moet daarteen waak dat die welwillendheid wat Mandela by die wêreld wek, opgemors word. THE TIMES sê dis onmoontlik om Mandela se nalatenskap en voorbeeld te oorskat.

HOE SÊ?

‘Die SA regering is nie baie entrepreneuries nie. Politici moet hulle afvra hoe hulle dit vir klein ondernemings makliker kan maak om sake te doen en werk te skep.’ – DAVID CAMERON, Britse eerste minister, op sy besoek aan SA.

‘Die beleid en regulasies oor die SA lugvaartbedryf kort hersiening. Dit kan een van die grootste en dringendste prioriteite vir my opvolger wees.’– MONHLA HLAHLA, uittredende uitvoerende hoof van die Lughawensmaatskappy (Acsa).

‘SA se lae spaarkoers (tans byna 50% minder as voor 1994 op slegs 16% bruto besparing) belemmer ekonomiese groei in die land en vergelyk swak met dié van lande soos China, Rusland en Indië.’– PRAVIN GORDHAN, minister van finansies.

‘Indien banke en mynbougroepe genasionaliseer sou word, sal hul markkapitalisasie uitgewis word, aangesien die aandele waardeloos sal word indien die staat nie bereid is om vir die aandele te betaal nie.’– CHRISTO LUÜS, ekonoom van Ecoquant.
We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Rand - Dollar
18.94
-0.2%
Rand - Pound
23.91
-0.1%
Rand - Euro
20.43
+0.2%
Rand - Aus dollar
12.34
+0.1%
Rand - Yen
0.13
-0.2%
Platinum
910.50
+1.5%
Palladium
1,011.50
+1.0%
Gold
2,221.35
+1.2%
Silver
24.87
+0.9%
Brent Crude
86.09
-0.2%
Top 40
68,346
+1.0%
All Share
74,536
+0.8%
Resource 10
57,251
+2.8%
Industrial 25
103,936
+0.6%
Financial 15
16,502
-0.1%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Company Snapshot
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE
Government tenders

Find public sector tender opportunities in South Africa here.

Government tenders
This portal provides access to information on all tenders made by all public sector organisations in all spheres of government.
Browse tenders