Share

DIE finweek

TOP NUUS

News of the World is wêreldnuus

Brittanje se grootste koerant, News of the World, is ná 168 jaar summier deur News Corporation gesluit ná onthullings van afluistery van selfoonboodskappe, korrupsie en toesmeerdery.

WAT ANDER SÊ

Die FINANCIAL TIMES maan dat dit oor misdaad gaan en dat ’n behoorlike ondersoek na die rol van die Britse polisie nodig is. MAIL & GUARDIAN wys daarop dat, ondanks die bedenklike joernalistiek, dit ’n ander koerant was wat die skandaal ontbloot het, teenoor die politieke stelsel se onwilligheid om die gemors te konfronteer. BUSINESS DAY sê dat, as jy werklik aan ’n vrye pers glo, jy moet aanvaar dat foute gemaak word. BEELD sê SA politici sal dit ongetwyfeld uitbuit om hul eie sinistere planne te regverdig.

Nuwe Afrika-staat gebore

SUID-SOEDAN het sy onafhanklikheid van sy noordelike buurman amptelik verklaar tydens feesvieringe in sy hoofstad Juba. SA het hom vir dié onafhanklikheid beywer.

WAT ANDER SÊ

THE TIMES sê Afrika se jongste staat is ná dekades van burgeroorlog en bloedvergieting gebore en, hoewel dit ’n brose onafhanklikheid is, is daar hoop. Afrika se konflik moet uiteindelik uitwoed en die twee Soedans kan dalk net ’n goeie beginpunt wees. THE NEW AGE spreek ook die hoop uit dat die geboorte van Suid-Soedan die begin van vrede sal beteken in een van die onrustigste gebiede in Afrika. Almal hoop dat die twee state daarin sal slaag om as aparte lande beter saam te werk as toe hulle een was.

Openbare ontsteltenis

Die ontydige “ondersoek” na adv. Thuli Madonsela, openbare beskermer (OB), se sakebelange enkele ure voordat sy die pers sou toespreek oor haar verdoemende verslag rakende die polisie se omstrede huurooreenkomste, is wyd deur die media veroordeel.

WAT ANDER SÊ

THE STAR sê kort en saaklik: hou jul hande af van die openbare beskermer. RAPPORT sê dit was weer eens piesangrepubliek-politiek en maan dat boosheid sal floreer as die magshebber foute ongestraf laat bly. BEELD sê die polisiekommissaris, Bheki Cele, kan maar sê wat hy wil, maar die gerugte oor Madonsela se arrestasie is deel van ’n patroon.

Mac kan die gaping oorbrug

Pres. Jabob Zuma het bekend gemaak dat hy die voormalige minister Mac Maharaj as sy segsman gaan aanstel in die plek van Zizi Kodwa, wat hom taamlik op die agtergrond gehou het.

WAT ANDER SÊ

MAIL & GUARDIAN sê hoewel die aanstelling ’n verrassing was, is hy tevrede as Zuma daardeur na die SA publiek wil uitreik. Maharaj is politiek gesofistikeerd en hy kan dalk net die groeiende kommunikasiegaping oorbrug. THE STAR sê kommunikasie was nog altyd ’n swak punt by Zuma en Maharaj, ’n deurwinterde politikus, kan dit dalk verbeter. Gaan hy egter die magstryd in die Zuma-kantoor oorleef? THE NEW AGE meen Maharaj is die regte man om komplekse kwessies doeltreffend te kommunikeer.

HOE SÊ?

‘Dié skandaal gaan nie net oor sommige joernaliste van een koerant nie. Dit gaan selfs nie net oor die pers nie. Dit gaan ook oor die polisie en ja, dit gaan ook oor hoe die politiek werk.’ – DAVID CAMERON, Britse eerste minister, oor die News of the World-geval.

‘Die Afrika-unie (AU) het nié ’n “gaan-weg-beleid” nie. Ons glo nie dis noodwendig nodig dat oudpresidente of staatshoofde hul lande verlaat vir vreedsame vooruitgang nie.’ – MAITE NKOANA-MASHABANE, minister van internasionale betrekkinge en samewerking.

‘Hoewel private eiendomsreg voortbestaan, sal dit beperk word. Dit kan die ekonomie van skaal waarop suksesvolle landbou in SA berus, verwoes en landbou kan sy lewensvatbaarheid verloor.’ – FRANS CRONJÉ, SA Instituut vir Rasseverhoudinge, oor die groenskrif oor grondhervorming.

‘Politici en nie die polisie nie moet gestuur word om opstande teen dienslewering te ontlont. Die knelpunt gaan oor gebrekkige dienslewering en die aard daarvan is polities.’ – JAY NAIDOO, voormalige kabinetslid.
We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Rand - Dollar
18.94
-0.2%
Rand - Pound
23.91
-0.1%
Rand - Euro
20.43
+0.2%
Rand - Aus dollar
12.34
+0.1%
Rand - Yen
0.13
-0.2%
Platinum
910.50
+1.5%
Palladium
1,011.50
+1.0%
Gold
2,221.35
+1.2%
Silver
24.87
+0.9%
Brent-ruolie
86.09
-0.2%
Top 40
68,346
+1.0%
All Share
74,536
+0.8%
Resource 10
57,251
+2.8%
Industrial 25
103,936
+0.6%
Financial 15
16,502
-0.1%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Company Snapshot
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE
Government tenders

Find public sector tender opportunities in South Africa here.

Government tenders
This portal provides access to information on all tenders made by all public sector organisations in all spheres of government.
Browse tenders