Share

DIE finweek

TOP NUUS

Hoe nou, Europa?

Die ekonomiese probleme in Europa, wat lande soos Griekeland, Italië en Spanje insluit, hou gevaar in vir die res van die wêreld, meen die wêreldpers. In Spanje het jeugdiges met ’n protes-aksie begin oor beplande hervormings.

WAT ANDER SÊ

THE INDEPENDENT sê die woede van die Spaanse jeug is, nes die opstande in lande soos Egipte en Tunisië, op korrupte politici, kernkragonsekerhede en selfvoldane vakbonde gemik. Europa se magtige burokrate sal die gevaartekens moet begin erken en sinvol optree. BUSINESS DAY vergelyk Griekeland se probleme met dié van Swaziland en sê dat hoewel die krisisse ekonomies klein is, kan dit ’n kettingreaksie begin.

Libiese looppraatjies

Pres. Jacob Zuma was in Libië om Moeammar Ghaddafi te probeer oorreed om ’n skietstilstand te aanvaar asook moontlike “uittreeplanne” vir die Libiese leier en politieke hervorming te bespreek.

WAT ANDER SÊ

Die CAPE TIMES sê die konflik in Libië het ’n gevaarlike nuwe fase bereik. Beide die sending en die pad wat die veiligheidsraad volg, is vaag omskryf en bemoeilik deurbrake. THE TIMES sê die konflik in dié land het sedert Zuma se vorige besoek vererger. Bedinging is nie maklik nie omdat SA van die Verenigde Nasies se Libië-besluite steun. SA moet nogtans ’n deurbraak probeer bewerkstellig, selfs al beteken dit dat Ghaddafi – soos die geval was met Haïti se pres. Jean-Bertrand Aristide – ’n tyd lank in SA moet bly.

Hier kom moeilikheid

Die ANC se nuwe haas om die omstrede wetsontwerp op die beskerming van inligting deur te voer, het wyd reaksie van politieke partye, Cosatu en die pers ontlok.

WAT ANDER SÊ

DIE BURGER maan dat die ANC weer oor die inligtingswet moet besin – anders sal die SA gemeenskap geen keuse gelaat word nie as om die hele kwessie in die konstitusionele hof te beveg. CAPE ARGUS sê as die ANC voortgaan met sy planne, sal die hoogste hof in die land hopelik die regering moet wys op die verkeerde weg wat hy inslaan. MAIL & GUARDIAN sê Suid-Afrikaners moet – “in die strate en raadsale” – groot lawaai oor die wetsontwerp begin maak en dit nie net aan die howe oorlaat nie.

Trap sy tjank af

Jimmy Manyi, die kabinet se woordvoerder, is besig om die media toenemend te vervreem met sy uitsprake en sy jongste twis met joernaliste is wyd gekritiseer.

WAT ANDER SÊ

RAPPORT sê Manyi en die jeugleier Julius Malema het die ANC groot skade by die stembus berokken deur hul omstrede, dikwels rasgegronde uitsprake en moet uitgeskop word. THE TIMES sê ’n opvlieënde, arrogante en vyandige Manyi is glad nie geskik vir sy belangrike pos nie en weerspieël presies die wyse waarmee die Zuma-regering kommunikeer. BEELD sê Manyi se ego is veels te groot vir die pos wat hy beklee. “Min mense, indien enige, was al so onbekwaam vir die pos soos hy.”

HOE SÊ?

‘Amerika en Europa moet die leierskap in die wêreld behou terwyl vinnig groei-ende lande soos China, Indië en Brasilië groter ekonomiese en strategiese rolle aanvaar.’ – BARACK OBAMA Amerikaanse president, op sy staatsbesoek aan Europa.

‘SA se inflasieprentjie lyk heelwat beter as baie ontwikkelende lande s’n omdat daar nie tans enige groot inflasiedruk aan die vraagkant van die ekonomie te bespeur is nie.’ – DANIEL MMINELE, adjunkpresident van die SA Reserwebank, in Johannesburg.

‘Die idee dat slegs wins saak maak, is ’n verouderde denkwyse. Ek twyfel nie dat ons oor tien jaar na die eerste helfte van dié eeu as die dekade van gekheid sal ver-wys nie.’ – MERVYN KING, bestuurskenner en nie-uitvoerende voorsitter van PwC se nuwe sakeskool.

‘Ons mik na ’n toename in buitelandse toeriste van 7 miljoen in 2009 tot 15 miljoen teen 2020 en ’n toerisme-bydrae tot die SA ekonomie wat van R189 miljard tot R499 miljard verhoog word.’ – MARTHINUS VAN SCHALKWYK, minister van toerisme.
We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Rand - Dollar
18.94
-0.0%
Rand - Pound
23.90
+0.0%
Rand - Euro
20.41
+0.1%
Rand - Aus dollar
12.33
+0.1%
Rand - Yen
0.13
+0.0%
Platinum
908.05
+1.2%
Palladium
1,014.94
0.0%
Gold
2,232.75
-0.0%
Silver
24.95
-0.1%
Brent Crude
87.00
+1.8%
Top 40
68,346
0.0%
All Share
74,536
0.0%
Resource 10
57,251
0.0%
Industrial 25
103,936
0.0%
Financial 15
16,502
0.0%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Company Snapshot
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE
Government tenders

Find public sector tender opportunities in South Africa here.

Government tenders
This portal provides access to information on all tenders made by all public sector organisations in all spheres of government.
Browse tenders