Share

DIE finweek

TOP NUUS

Op soek na ’n nuwe hoof

Die bedanking van Dominique Strauss-Kahn as IMF-hoof het ’n debat ontketen oor wie die leierskap van dié belangrike organisasie behoort oor te neem. Die IMF het in 2010 $91,7 miljard se noodlenings toegestaan, onder meer aan verskeie Europese lande.

WAT ANDER SÊ

BUSINESS DAY sê die wêreld verander vinnig, en ontwikkelende ekonomieë groei baie vinniger as ontwikkelde ekonomieë en sorg reeds vir 34% van die totale uitset. Daarom het dit baie sin om die tradisie van ’n Europese leier te verander. THE CITIZEN sê, soos baie ander organisasies, is die IMF onder druk om sy weë te verander weens die veranderde wêreldorde en iemand soos SA se Trevor Manuel aan te stel.

Die verkiesing – terugskouend

Die ANC, met 62% van die stem teenoor 65,9% in die vorige verkiesing, en die DA (op van 16,7% tot 23,9%) het die munisipale verkiesing oorheers.

WAT ANDER SÊ

THE STAR sê die uitslag fassineer, maar skok nie. Twee dinge val op, en dit is dat die ondersteuning van die groot partye steeds in groot mate op ’n rassegrondslag geskied het en dat die kleiner partye glad nie daarin slaag om kiesers aan boord te kry nie. BEELD stem saam dat die skrif aan die muur is vir kleiner partye, “wat in die verkiesing bykans vernietig is”. Hulle sal nuwe maniere van doen en nuwe strategieë moet kry om te oorleef of moet toemaak en tussen die DA en ANC moet kies.

Die verkiesing – vooruitskouend

Die druk op raadslede om te presteer gaan toeneem en munisipaliteite gaan dopgehou en hul prestasie geëvalueer word, maan politici. Begrotings wat nie aangewend word nie of swak bestee word, gaan ook in die kollig wees. Ras kan ’n kleiner rol begin speel.

WAT ANDER SÊ

SUNDAY TIMES sê SA het nou ’n kans om die rasgrens oor te steek en te konsentreer op dít wat saak maak, die politiek van dienslewering. MAIL & GUARDIAN sê dit het tyd geword om die raskaart en bevrydingsgeskiedenis weg te pak en dienslewering die maatstaf te maak. THE NEW AGE sê dit is nou die verantwoordelikheid van die regering om die integriteit van die demokratiese proses te verseker.

’n Blatante leuen

Die Libiese regering se versekering aan SA dat die vryskutfotograaf Anton Hammerl ongedeerd is, was toe al die tyd ’n leuen. Daar is bevestig dat Hammerl reeds op 5 April dood is.

WAT ANDER SÊ

THE TIMES sê die wêreld word deur vreeslose joernaliste en fotograwe soos Hammerl ingelig oor booshede soos dié van Libiese regeringsmagte, wat onder meer vroue verkrag. THE STAR noem die Libiese regime moordenaars en leuenaars wat niks omgee vir menseregte nie. SATURDAY STAR sê dat baie oor Hammerl rou, maar ook woedend is dat anargie en chaos in dié land voortgesit word. SUNDAY TIMES sê Hammerl se dood en Libië se gevoelloosheid moet in die sterkste moontlike taal veroordeel word.

HOE SÊ?

‘Ek stem heeltemal saam dat die oomblik aangebreek het om dít wat iets van ’n tradisie geword het – ’n Europeër aan die hoof van die IMF – te verander.’ – ANGEL GURRIA, hoof van die Organisasie vir Ekonomiese Samewerking en Ontwikkeling.

‘SA het die mees gesofistikeerde finansiële en regsektore in Afrika en dit maak sin om die land as ’n sentrum van ekonomiese uitnemendheid te bemark, wat meer beleggings, werkgeleenthede en vaardighede sal trek.’ – PETER LEVENE, voorsitter van Lloyd’s.

‘Wit mense wat té sensitief is oor raskwessies en die grondvraagstuk, gaan die land nog in ’n krisis dompel.’ – GWEDE MANTASHE, sekretaris-generaal van die ANC, in ’n media-onderhoud by die nasionale uitslagsentrum.

‘Die ANC se kleiner meerderheid en sterker vertoning deur die opposisie is goed vir SA se demokrasie. Dit help om politieke regering met die behoeftes van ’n moderne ekonomie te laat ooreenstem.’ – IRAJ ABEDIAN, uitvoerende hoof van Pan African Capital Holdings.

 
We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Rand - Dollar
19.01
+1.1%
Rand - Pound
23.79
+0.7%
Rand - Euro
20.40
+0.8%
Rand - Aus dollar
12.40
+0.7%
Rand - Yen
0.12
+1.2%
Platinum
925.50
+1.5%
Palladium
989.50
-1.5%
Gold
2,331.85
+0.7%
Silver
27.41
+0.9%
Brent Crude
88.02
-0.5%
Top 40
68,437
-0.2%
All Share
74,329
-0.3%
Resource 10
62,119
+2.7%
Industrial 25
102,531
-1.5%
Financial 15
15,802
-0.2%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Company Snapshot
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE
Government tenders

Find public sector tender opportunities in South Africa here.

Government tenders
This portal provides access to information on all tenders made by all public sector organisations in all spheres of government.
Browse tenders