TOP NUUS
Nóg ekonomiese skuddings
Terwyl die reddingspogings van Europese ekonomieë voortduur en brandstof- en voedsel-inflasie steeds styg, is die wêreld verder geskok deur die kredietgradeerder Standard & Poor’s se dreigement om Amerika se kredietgradering in negatief te verander.
WAT ANDER SÊ
SUNDAY TIMES sê die S&P-gradering is ’n groot skok en vra die vraag of nóg ’n ekonomiese krisis op die wêreld wag weens die al hoe groter kommer oor Amerika se groeiende skuld. Dit is ’n “pynvolle herinnering aan hoe breekbaar die wêreldekonomie steeds is”. Die DAILY NATION in Kenia maan dat die skerp stygende pryse en ekonomiese probleme politieke, ekonomiese en maatskaplike stabiliteit in dié land én elders bedreig.
Teater van die absurde
Die uitgerekte haatspraak-verhoor van die ANC-jeugleier Julius Malema in die gelykheidshof het die media-nuus en -kommentaar oorheers.
WAT ANDER SÊ
THE CITIZEN beskryf die hofverrigtinge as ’n “teater van die absurde”. CITI PRESS sê dis ’n spektakel en oud-pres. Nelson Mandela sal waarskynlik aan wit én swart sê om groot te word. THE STAR sê dit gaan oor meer as ’n lied en verteenwoordig die sterk politieke emosies wat steeds geld. BEELD sê die ANC het die hofsaak aangegryp om die kiesers aan die verlede te herinner in die hoop dat dit hulle van die hede sal laat vergeet. THE TIMES sê daar is nie in SA se demokrasie plek vir smerige magsvertonings nie.
Karoo haal asem
Die kabinet het die departement van minerale bronne se besluit bekragtig om ’n moratorium te plaas op nuwe aansoeke om lisensies vir die ontginning van skaliegas in die Karoo. Bestaande aansoeke word steeds hanteer.
WAT ANDER SÊ
RAPPORT meen dat die voortgesette druk van verskeie partye die regering oorreed het om eers behoorlik navorsing te doen voordat ’n finale besluit oor hidrouliese breking geneem word. Die koerant beklemtoon dat hy nie gekant is teen gaseksplorasie nie, maar teen “onverantwoordelike” eksplorasie. BEELD sê dit gaan nie net oor dié gebied nie, maar oor ’n hele leefwyse van uitbuiting en selfverryking wat gestuit moet word.
Besin oor padslagveld
Voorlopige syfers dui daarop dat SA weer eens onaanvaarbaar hoë sterftesyfers weens padongelukke oor die Paas- en daaropvolgende lang naweek sou hê.
WAT ANDER SÊ
THE STAR sê dat die padslagting ’n skadu is wat elke vakansie oor die land hang en dat dit tyd is vir vars denke oor swak en gevaarlike bestuurders op die paaie. THE NEW AGE sê dis duidelik dat daar iets drasties verkeerd is as padsterftes toeneem, terwyl dit in ander lande afneem. Dit sal eers verbeter as verkeersreëls streng nagekom word, bestuurders geduldiger is en drank en dwelms vermy word. SATURDAY STAR sê dis duidelik die gevolg van mense wat nie omgee nie en hieraan moet iets gedoen word.
HOE SÊ?
‘Van SA se meer as 18,5 miljoen mense met kredietreëlings sukkel meer as die helfte om hul skuldverpligtinge na te kom. Skuldbelaaide verbruikers kom veral hul verbandverpligtinge moeilik na.’ – CLIVE PILLAY, ombudsman vir die bankbedryf.
‘Voedselpryse het die afgelope drie maande, verwerk na ’n jaar, reeds met 15,6% gestyg en dié pryse, wat 14% van SA se inflasiemandjie uitmaak, kan vanjaar met meer as 10% op ’n jaargrondslag toeneem.’ – KEVIN LINGS, Stanlib-ekonoom.
‘Dit help nie om ’n organisasie te verlaat net omdat een leier in 100 jaar swak is nie. As jou huis se dak lek, breek jy nie die hele huis af nie.’ – ZWELINZIMA VAVI, sekretaris-generaal van Cosatu, aan Oos-Kaapse ANC-ondersteuners.
‘Die departement het met die wet op verbruikersbeskerming die benadering gevolg om alle bedrywe oor dieselfde kam te skeer en dit hou ernstige gevolge in vir die eienaars en ontwikkelaars van handelseiendom.’ – NEIL GOPAL, uitvoerende hoof van Veesa.