Share

DIE finweek

TOP NUUS

Vyfde steen gelê

Die eerste konferensie nadat SA by Brics (Brasilië, Rusland, Indië, China en nou SA) ingesluit is, is in Sanya in die provinsie Hainan in China gehou. Pres. Jacob Zuma en verskeie ander SA leiers het die geleentheid bygewoon en hul sê gesê.

WAT ANDER SÊ

BUSINESS DAY sê dat Brics-lidmaatskap positiewe én negatiewe tendense en moontlikhede inhou en dat SA sy vertoning sal moet verbeter om sy insluiting te regverdig. SUNDAY TIMES meen dat, hoewel SA se veel kleiner ekonomie nie sy insluiting regverdig nie, dit enorme voordele vir hom kan inhou as hy dié alliansie korrek gebruik en sorg dat hy in pas kom met die ander lande se prestasies. Dit sal SA ’n unieke geleentheid bied om gehoor te word en sy aansien te verhoog.

Swazi-onrus nóg ’n toets

Opstande in Swaziland oor die koningshuis is tydelik deur die Swazi-polisie onderdruk, maar SA het ’n sterk bewoorde verklaring uitgereik waarin op die normalisering van die politieke omgewing en die vrylating van aangehoude aktiviste aangedring word.

WAT ANDER SÊ

MAIL & GUARDIAN sê SA se dreigement is ’n positiewe begin, maar kan tog nie sonder ’n mate van skeptisisme bejeën word nie omdat die onderdrukking al net so lank duur as wat die ANC regeer. THE STAR sê koning Mswati moet betyds luister, voordat opstande uitbrei en daar lewensverliese is. THE TIMES sê die onderdrukking van die opstand is net ’n tydelike oplossing en die koning móét met die ongelukkiges in gesprek tree.

Ficksburg ’n wekroep

Ses polisielede is in hegtenis geneem oor geweld teen woedende inwoners van Ficksburg wat teen swak dienslewering betoog het en die dood van Andries Tatane, ’n inwoner.

WAT ANDER SÊ

BEELD sê die ANC-ongeduld met enige vorm van protes het tot Tatane se dood gelei. THE TIMES sê ’n verkiesingskruisie moet net agter dié se name getrek word wat goed lei. Mense wil nie langer vir basiese dienste wag nie. THE CITIZEN meen dat ’n polisiemag wat beskerm en diens lewer, ook leiers nodig het wat verstaan wat dit behels. RAPPORT spreek die hoop dat dié polisie-brutaliteit die keerpunt kan wees wat respek teenoor mense betref, maar ook tot besinning by kiesers kan lei wat in Mei moet stem.

Nóg gholflekkerte vir SA

SA is meegedeel dat gholf se gesogte wêreldkampioenskapsbyeenkoms vir minstens die volgende vyf jaar hier sal plaasvind. SA gholfspelers se puik prestasies in top-toernooie het baie tot die besluit bygedra.

WAT ANDER SÊ

THE NEW AGE sê dit is waarskynlik die beste nuus vir die land sedert die besluit om die wêreldbekersokkertoernooi in SA aan te bied. Dit beteken ook groot geld vir die land. THE STAR beskryf dit as gepaste eerbetoon aan die land en sy uitstekende gholfspelers. THE CITIZEN sê ons rugby- en krieketspelers ploeter tans voort, maar gholf sorg vir ’n tevrede glimlag. Om die 70 beste spelers in SA te laat speel, sal ook ’n massiewe inspuiting vir plaaslike gholf wees en verseker dat plaaslike talent ontgin word.

HOE SÊ?

‘Gevare en moeilike keuses lê voor in dié 32ste jaar sedert onafhanklikwording en daar sal baie vals stemme wees wat jou van jou vasbeslotenheid om ’n nuwe en demokratiese Zimbabwe te verseker, wil ontneem.’– MORGAN TSVANGIRAI, eerste minister van Zimbabwe.

‘Die regering se beplande verpligte aftreefonds, wat sekere voordele aan alle Suid-Afrikaners by aftrede of ongeskiktheid sal verseker, gaan gouer ingestel word as aanvanklik beplan’– BATHABILE DLAMINI, minister van maatskaplike ontwikkeling.

‘Slegte nuus hou nie vir altyd aan nie en SA bankaandele kan vanjaar beter as hulpbronaandele vaar.’– PAUL HANSEN, Stanlib Asset Managers se direkteur vir kleinhandelbeleggings, oor beter vooruitsigte vir plaaslike bankaandele.

‘Hoekom moet mense betaal vir ’n diens wat nie gelewer word nie? SA inwoners betaal hulle moeg aan belasting en kry niks daarvoor nie’– PIETER MULDER, leier van die VF+, oor die beskerming van verbruikersregte.
We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Rand - Dollar
19.01
+1.1%
Rand - Pound
23.79
+0.7%
Rand - Euro
20.39
+0.8%
Rand - Aus dollar
12.38
+0.8%
Rand - Yen
0.12
+1.2%
Platinum
924.90
+1.4%
Palladium
991.50
-1.3%
Gold
2,332.60
+0.7%
Silver
27.35
+0.7%
Brent Crude
88.02
-0.5%
Top 40
68,437
-0.2%
All Share
74,329
-0.3%
Resource 10
62,119
+2.7%
Industrial 25
102,531
-1.5%
Financial 15
15,802
-0.2%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Company Snapshot
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE
Government tenders

Find public sector tender opportunities in South Africa here.

Government tenders
This portal provides access to information on all tenders made by all public sector organisations in all spheres of government.
Browse tenders