Share

DIE finweek

TOP NUUS

Genoeg is genoeg

DIE Afrika-Unie (AU) het uiteindelik meer betrokke geraak om die politieke konflik in die Ivoorkus en Libië te ontlont.

WAT ANDER SÊ

BUSINESS DAY sê die AU het ’n presedent geskep deur vroeër nie sterk genoeg op te tree in lande soos Zimbabwe en Kenia nie. Hy sal nou só betrokke moet raak dat hy geloofwaardigheid herwin. THE TIMES sê Afrika kan nie meer bekostig om leiers te ondersteun wat eers optree as die skade reeds gedoen is nie. “Zuma en die AU moes die leiding van die begin af geneem het.” THE STAR sê dis belangrik dat die Ivoorkus herbou word en Ouattara sal die 46% wat teen hom gestem het, moet oortuig dat hy in almal se belang optree.

Die kierankies braai

Robert McBride, voormalige metropolisiehoof van Ekurhuleni, is in die Pretoriase streekhof skuldig bevind aan dronkbestuur en dat hy boonop die reg probeer verydel het. McBride moet ook R10 miljoen aan regskoste terugbetaal.

WAT ANDER SÊ

BEELD sê hopelik het die land uiteindelik die laaste gesien en gehoor van die omstrede McBride. “Die uitspraak toon dis sy dade in die hede wat hom diskwalifiseer, nie dié in sy verlede nie. Die wêreld kan net ’n beter plek wees as die gordyn nou sak oor McBride.” SATURDAY STAR stem saam dat die uitspraak korrek was, maar maan dat dit nie daartoe moet lei dat reaksionêre agter ’n bevryde, progressiewe demokrasie skuil nie.

Nee wat, Nzimande

Dr. Blade Nzimande, minister van hoër onderwys, het ’n taalplan voorgestel wat dit ver-pligtend kan maak vir universiteitstudente om ’n Afrika-taal as vak te neem.

WAT ANDER SÊ

MAIL & GUARDIAN sê Nzimande se taalplan is sommer opperste bog, veral teen die agtergrond van die spanning wat taalvoorskrifte reeds in die land tot gevolg gehad het. THE CITIZEN sê beter begrip van Afrika-tale is goed, maar dis uiters ontmoedigend om ’n student te verplig om so ’n taal te leer voordat hy sy graad mag kry. BEELD noem dit prontuit ondeurdag en onprakties. Jy bewys ’n taal en sy gemeenskap geen guns op dié manier nie. Afrikaans dra vandag nog die letsels van ’n ondeurdagte plan.

Nog ’n klip in die bos

Zwelinzima Vavi het weer eens groot golwe voor die verkiesing gemaak deur die regering se gebrekkige etiek en onvermoë om werk te skep te kritiseer en van ’n moontlike toekomstige “president Zille” te praat.

WAT ANDER SÊ

VOLKSBLAD sê die ANC steier onder Vavi se beskuldiging dat dié party klaaglik misluk. SA se demokrasie sal volwaardiger word as uit die patroon gebreek word dat kiesers stem op grond van identiteit eerder as belange. BUSINESS DAY sê ANC-kiesers kan toenemend wegbly, al stem hulle steeds nie vir die opposisie nie. RAPPORT sê Vavi se uitsprake oor die ANC is realisties, maar dis voortydig om van die DA se krag te praat.

HOE SÊ?

‘Helen Zille, DA-leier, sal nooit die president van SA word nie, selfs al sak die son aan die verkeerde kant.’ – FLOYD SHIVAMBU, woordvoerder van die ANC-jeugliga, oor die persepsie dat die DA al hoe meer aanhang oor kultuurgrense heen kry.

‘Ons is op ons hoede oor die groter kraggebruik wat in die winter voorlê en ook vir die volgende vyf jaar wat ons nuwe kapasiteit skep om in die groeiende vraag te voorsien.’ – BRIAN DAMES, uitvoerende hoof van Eskom.

‘SA moet oppas dat lidmaatskap van Brics nie net die land se status as internasionale ekonomiese onderpresteerder verder onderstreep nie. Sommige afkortings, soos Ibsa, beteken deesdae niks nie en kos geld.’  – MIKE SCHÜSSLER, hoof van Economists.co.za.

‘Teen die agtergrond van inflasie-risiko gesien, sal die SA Reserwebank rentekoerse móét begin verhoog of sy geloofwaardigheid as inflasievegter verloor.’ – ETTIENNE LE ROUX, hoofekonoom van Rand Merchant Bank.
We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Rand - Dollar
19.01
+1.1%
Rand - Pound
23.79
+0.7%
Rand - Euro
20.40
+0.8%
Rand - Aus dollar
12.40
+0.7%
Rand - Yen
0.12
+1.2%
Platinum
925.50
+1.5%
Palladium
989.50
-1.5%
Gold
2,331.85
+0.7%
Silver
27.41
+0.9%
Brent Crude
88.02
-0.5%
Top 40
68,437
-0.2%
All Share
74,329
-0.3%
Resource 10
62,119
+2.7%
Industrial 25
102,531
-1.5%
Financial 15
15,802
-0.2%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Company Snapshot
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE
Government tenders

Find public sector tender opportunities in South Africa here.

Government tenders
This portal provides access to information on all tenders made by all public sector organisations in all spheres of government.
Browse tenders