Share

DIE finweek

TOP NUUS

Keer vir die korrupsievloed

Die enorme omvang van staatskorrupsie in SA is deur Willie Hofmeyr, hoof van die spesiale ondersoekeenheid, in die parlement uiteengesit. Ondersoeke na onder meer ongerymdhede by die SAUK, in baie staatsdepartemente en metrorade, by ál 23 munisipaliteite in Noordwes en met die bou van 33 nuwe polisiekantore is aan die gang.

WAT ANDER SÊ

MAIL & GUARDIAN sê die omvang van korrupsie is skokkend en dit is reeds byna te laat vir rampherstel. VOLKSBLAD sê SA word verswelg deur ’n korrupsie-tsoenami. “Dis ’n sistemiese ding, ’n manier van lewe.” THE STAR sê miljarde rande vloei na korruptes se sakke en die land het ’n onafhanklike ondersoek-agentskap nodig.

Kom by, kommissie

DIE appèlhof het eenparig bevind dat die regterlike dienstekommissie buite sy konstitusionele mandaat opgetree het met sy besluit dat regter John Hlophe se saak oor onbehoorlike beïnvloeding onder die mat ingevee moet word. Die ondersoek sal dus hervat word.

WAT ANDER SÊ

THE TIMES sê dat die kommissie, wat regters moet aanstel en dissiplineer, nou ’n tweede kans kry om dapper en deursigtig op te tree. SUNDAY TRIBUNE sê demokrasie en die Grondwet word nie gedien deur mense wat hul verantwoordelikheid vermy en hul werk nie behoorlik doen nie. THE NEW AGE sê die kommissie moet dié keer só optree dat hy die publiek se vertroue in hom herstel.

Dié kant toe of daai kant toe?

DIE brose ekonomiese herstel en verbruikersake, soos die nuwe wet op verbruikersbeskerming en die uitwerking van die snel stygende brandstofprys, het die nuus- en kommentaarblaaie van koerante oorheers.

WAT ANDER SÊ

BUSINESS DAY vra of SA die Britse optrede (besnoei) of die Amerikaanse optrede (bestee meer) moet volg om die ekonomiese krisis te bestuur. “Dalk is die Amerikaners meer reg, maar wat ook al besluit word, moet dit nie halfhartig deurgevoer word nie.” Oor verbruikersbeskerming sê SUNDAY TIMES dat dit jammer is dat sakeondernemings nou deur ’n wet gerig moet word pleks dat hulle uit eie beweging na hul kliënte omsien.

Indië vier fees

Indië se nasionale krieketspan, die vroeë gunstelinge om die wêreldbekertrofee te wen, het dit vir die eerste keer sedert 1983 reggekry. Hy het Sri Lanka in die eindstryd geklop danksy puik kolfwerk van Gautam Gambhir en Mahendra Dhoni, die kaptein.

WAT ANDER SÊ

THE STAR sê die twee spanne se opmars na die eindstryd was reeds ’n sportskouspel en dit is jammer dat daar ’n verloorder moes wees. THE TIMES sê Indië, Sri Lanka en Pakistan het nie net hul status as top-krieketlande bevestig nie, maar die toernooi was ook andersins goed vir die plofbare politiek in die gebied. THE NEW AGE sê Dhoni het gepresteer toe dit saakgemaak het. Dit troos tog dat die Proteas Indië kon klop.

HOE SÊ?

‘SA se kleinsakesektor is waar werk geskep word. Die land het ’n groot verantwoordelikheid om die sektor te erken en te bemagtig sodat hy sy sleutelrol in suksesvolle ekonomiese groei vervul.’ – GILL MARCUS, president van die SA Reserwebank.

‘Hoe finansier jy luukse vliegtuie ter waarde van R20 miljoen, maar verklaar ’n inkomste van net R1 miljoen per jaar?’ – OUPA MAGASHULA, kommissaris van die SA Inkomstediens, oor die planne om die belastingsake van sowat 200 superrykes te ondersoek.

‘Hoewel die nuwe maatskappywet in die algemeen ’n goeie skuif vir SA is, is daar geen twyfel nie dat daar ’n klompie uitdagings in die praktiese toepassing daarvan gaan wees.’ – EWALD MÜLLER, Saica se senior bestuurshoof vir rekeningkundige standaarde.

‘SA kan sy steenkoolkragstasies nie eensklaps afskakel nie, want as ons dit môre afskakel, sal niemand krag hê nie en sal ons armoede nooit kan uitwis nie.’ – EDNA MOLEWA, minister van omgewingsake, in antwoord op kritiek deur biskop Geoff Davies.
We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Rand - Dollar
19.29
-0.7%
Rand - Pound
23.87
-1.1%
Rand - Euro
20.58
-1.2%
Rand - Aus dollar
12.38
-1.1%
Rand - Yen
0.12
-1.2%
Platinum
943.50
+0.0%
Palladium
1,034.50
-0.1%
Gold
2,391.84
+0.0%
Silver
28.68
+0.0%
Brent Crude
87.29
+0.2%
Top 40
67,314
+0.2%
All Share
73,364
+0.1%
Resource 10
63,285
-0.0%
Industrial 25
98,701
+0.3%
Financial 15
15,499
+0.1%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Company Snapshot
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE
Government tenders

Find public sector tender opportunities in South Africa here.

Government tenders
This portal provides access to information on all tenders made by all public sector organisations in all spheres of government.
Browse tenders