Share

DIE finweek

TOP NUUS

Té Zimpatiek

Die Internasionale Monetêre Fonds het Zimbabwe gewaarsku om staatsalarisse nie buitensporig te verhoog nie omdat dit weer tot hoë inflasie kan lei. Intussen word die SA regering gemaan om streng standpunt in te neem oor ordelike regering in dié land.

WAT ANDER SÊ

BUSINESS DAY maan dat die SA regering nie langer kan voorgee dat daar geen Zimbabwiese tragedie is nie. MAIL & GUARDIAN sê SA moet ophou om magspeletjies te speel en die regte ding in Zimbabwe en ander probleemlande doen. THE TIMES sê daar is geen ander keuse vir SA as om Zimbabwe se strydende partye te dwing om saam aan ’n groeipad te werk nie. THE CITIZEN sê SA moet nie langer Mugabe se vuilspel toelaat nie.

Sommer nonsens

Grant Pattison, uitvoerende hoof van Massmart, het sy teleurstelling uitgespreek oor die uitstel van dié groep en Walmart se samesmeltingsverhoor tot 9 Mei. Hy sê bewerings dat die twee groepe nie die verlangde inligting verskaf het nie, is onwaar en misleidend.

WAT ANDER SÊ

THE STAR sê die uitstel van die verhoor voor die mededingingstribunaal is ’n komplekse kwessie, maar dit sal die regering se verbintenis tot groei toets in die lig van die behoefte aan buitelandse belegging in SA. “Mag daar ’n oplossing wees wat goed is vir alle partye.” SUNDAY TIMES sê die laat inmenging is weer ten koste van die land se welsyn. As SA beleggings wil lok, moet hy transaksies fasiliteer, nie belemmer nie.

Bullebakke in uniforms

Bheki Cele, SA se polisiehoof, het die optrede van die polisie se reaksie-eenhede in die parlement verdedig, al “ruk hulle so nou en dan handuit”.

WAT ANDER SÊ

BEELD sê Cele se uitlatings is uiters onverantwoordelik vir ’n polisiehoof. Piesangrepublieke kan polisiegeweld soos in Hillbrow en Melville toelaat – nie ’n land wat hom voorhou as ’n demokrasie met menseregte nie. “Cele laat, in wese, ’n groep bullebakke in uniform los op ’n weerlose samelewing.” THE CITIZEN sê die polisie hinkepink met Cele as leier en die aanbieding in die parlement is maar net nóg ’n blaps van die land se polisie-leierskap.

’n Feit soos ’n krieketbal

Die Proteas se onnodige pak slae teen ’n gemiddelde Nieu-Seelandse span in Dhaka – die soveelste keer in ses toernooie dat die span onverwags uitgeskakel is – het van krieketondersteuners tot -administrateurs erg ontstel.

WAT ANDER SÊ

Feitlik elke koerant het dit uitgebasuin dat die Proteas wél wêreldsport se grootste wurgers is. THE NEW AGE sê durf en breinkrag wen groot wedstryde en Bafana Bafana se wendoel teen Egipte in die doodsnikke is hoe dit gedoen moet word. THE CITIZEN verwyt dat, met of sonder die wurger-etiket, die Proteas weer eens skouspelagtig misluk het. THE STAR sê dis ’n feit dat mededingers jou sal teiken as jy die geestelike sterkte van ’n jelliepoppie het. BEELD sê ’n kaptein en afrigter sonder enige wurger-bagasie is nou nodig.

HOE SÊ?

‘Ontluikende lande is die bestemming waar beleggers die afgelope dekade moes wees. Die beleggingsbestemming vir die volgende tien jaar is die onontginde markte.’– MARK MOBIUS, uitvoerende hoof van Templeton Asset Management.

‘Die verhoging van die rentekoers met slegs 2 persentasiepunte is genoeg om kwesbare huishoudings opnuut oor die finansiële afgrond te stuur.’– JOHN LOOS, strateeg van FNB se huisleningsafdeling, oor moontlike koersverhogings.

‘SA se nasionale spaarkoers, met net maatskappye wat die afgelope tien jaar daartoe bygedra het, is ’n teken van hoe vertroue vernietig en spaar ondermyn word.’– JAC LAUBSCHER, hoofekonoom van Sanlam Lewens.

‘SA media se selektiewe dekking van die regering se werk is besig om ons te dwing om ’n eie, staats-beheerde dagblad te skep.’– JIMMY MANYI, regeringswoordvoerder, oor planne om die tydskrif Vuk’uzenzele geleidelik in ’n dagblad te verander. 
We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Rand - Dollar
19.04
-0.1%
Rand - Pound
23.80
-0.0%
Rand - Euro
20.42
-0.0%
Rand - Aus dollar
12.42
-0.2%
Rand - Yen
0.12
+0.1%
Platinum
930.20
+0.5%
Palladium
995.00
+0.5%
Gold
2,335.16
+0.1%
Silver
27.50
+0.2%
Brent Crude
89.01
+1.1%
Top 40
68,437
-0.2%
All Share
74,329
-0.3%
Resource 10
62,119
+2.7%
Industrial 25
102,531
-1.4%
Financial 15
15,802
-0.2%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Company Snapshot
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE
Government tenders

Find public sector tender opportunities in South Africa here.

Government tenders
This portal provides access to information on all tenders made by all public sector organisations in all spheres of government.
Browse tenders